Hoofstukke

Genesis1:1 In die begin het GOD die hemel en die aarde geskape Johannes 1:3-4 Alle dinge het deur Hom ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was die lewe en die lewe was die lig van die mense. Job 41:11 Wat onder die ganse hemel is, is Myne


For English, click here Om die boek te bestel, kliek hier


Neem asseblief kennis dat alle kunswerk deur Tinus de Bruyn http://tinusart.wordpress.com/ of www.illustrators.co.za/debruyn.html gedoen en is met kopiereg aan N.Filmalter

Kolossense 1:16,17
Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle dinge stand.

Ons almal is tot ʼn mate bevooroordeeld, m.a.w., ons almal het ʼn vooropgestelde idee oor ʼn onderwerp. Dit affekteer die manier waarop ons bewyse interpreteer, baie dieselfde soos wanneer jy deur gekleurde lense na ʼn wit vel papier kyk. Die evolusionistiese verhaal van ʼn oerknal leer dat alles tot stand gekom het uit niks – m.a.w., niks het ontplof en alles is gevorm.

“The laws of nature tell us that nothing caused the big bang” [Proff Stephen Hawking - http://creation.com/curiosity-did-god-create-the-universe)]

 

"Nobody knows how a mixture of lifeless chemicals spontaneously organised itself into the first living cell” [New Scientist Magazine 179(32), 2003.]

Dus het chaos kosmos geword, heeltemal vanself en partikels het in planete, palmbome, pepermotte en professors verander, sonder enige bo-natuurlike, Goddelike insette. Nie alleen is dit ongelooflik nie, maar jy sal ook leer hoe dit absoluut onmoontlik is volgens die eerste en tweede wette van termodinamika.

Hebreërs 11:3 (NLV)
Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur net ʼn woord te spreek, die ganse heelal geskep het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie.

As daar werklik ʼn oerknal ontploffing was, hoe het al die chaos vanself georganiseerd geraak? Kan die miljoene dele waaruit ʼn Boeing-747 bestaan hulself organiseer tot ʼn volle-funksionerende vliegtuig – selfs al wag ons vir miljarde jare? Hoekom aanvaar ons dan dat alle materie en energie wat benodig is, vanself in sterre, sterrestelsels en planete met so ʼn fantastiese bestaansontwerp, georganiseer het? Waar daar ontwerp is, is daar ALTYD ʼn ONTWERPER. Is daar enige manier waarop evolusie met die Bybel versoenbaar is? NEE! Selfs die orde van die evolusionistiese proses is in direkte teenstelling met dit wat in God se Woord geopenbaar is. Leer hoekom die dag-tydperk- en gapingsteorieë geen sin maak nie. Hoe akkomodeer ons die idee van dinosourusse wat blykbaar 65 miljoen jaar gelede dood is met die feit dat dood die gevolg is van sonde wat slegs ongeveer 6 000 jaar gelede plaasgevind het? Dit is baie duidelik dat daar volgens die Woord van God, geen dood voor sonde was nie. Daar word gereeld gesê dat daar ʼn konflik tussen die wetenskap en die Bybel is. Maar wat as die soliede, wetenskaplike navorsing en bewyse egter bevestig wat in die Woord staan?

"It is absurd for the evolutionist to complain that it is unthinkable for an admittedly unthinkable God to make everything out of nothing, and then pretend that it is more thinkable that nothing should turn itself into anything." [G. K. Chesterton]

Om die onmoontlikheid van evolusie deur natuurlike seleksie of mutasies te verstaan, moet jy so ietsie oor gene leer. Veranderinge oor tyd binne soorte vind wel plaas. Dit is egter NIE evolusie nie, maar wel aanpassings wat deur natuurlike seleksie teweeggebring word. Evolusie vereis die verandering van een soort organisme in ʼn ander soort organisme; die geleidelike verandering van minder kompleks na meer kompleks en dus die verandering van geneties minder kompleks na geneties meer kompleks (die vis-tot-filosofeerder-tipe verandering). Die twee hoof enjins waardeur dit veronderstel is om te gebeur is natuurlike seleksie en mutasies. Dit is egter die ‘tipe’ evolusie wat nog NOOIT, ooit waargeneem is nie – ook nie in die fossielrekord nie! http://creation.com/the-evolution-trains-a-comin. Die ‘goo-to-you-via-the-zoo’ evolusie vereis die generering van enorme hoeveelhede NUWE genetiese inligting wat tot die reeds bestaande (geskape) inligting toegevoeg moet word. Alhoewel die evolusioniste jou wil laat glo dat dit besig is om oral rondom jou te gebeur, is die waarheid egter dat dit nog nooit, ooit waargeneem is nie. Natuurlike seleksie kan (per definisie) slegs selekteer vanuit reeds bestaande genetiese inligting (wat die oorspronklike hoeveelheid inligting verminder), terwyl mutasies kopieëringsfoute is – meestal skadelik en gereeld dodelik. Selfs in uitsonderlike gevalle wanneer dit wil voorkom asof die mutasie tot voordeel van die organisme is (bv. vlerklose kewers) http://creation.com/beetle-bloopers of weerstandbiedende bakterieë http://creation.com/images/pdfs/tj/j8_1/j8_1_5-6.pdf, het dit steeds tot ʼn verlies aan inligting gelei = devolusie. As die twee hoof ‘enjins’ dan nie werk nie, hoe kon evolusie ooit plaasgevind het? Die ‘oorspronklike (geskape) soort’ is nie dieselfde as vandag se ‘spesies’ nie, maar gelykstaande aan die familie-vlak van klassifikasie met ʼn enorme hoeveelheid genetiese variasie – http://creation.com/variation-information-and-the-created-kind. Hierdie variasie is meer as voldoende om die spesie variasie van vandag te verklaar en ook die feit dat daar eintlik baie minder ‘spesies’ op aarde is as wat vir ons geleer word. Genetika voorsien duidelike bewys dat een soort nooit in ʼn ander soort kan verander nie. Elke soort het sy eie, spesiale, vooraf-geprogameerde DNS resep.

“An honest man, armed with all the knowledge available to us now, could only state that in some sense, the origin of life appears at the moment to be almost a miracle, so many are the conditions which would have had to have been satisfied to get it going.” "Every time I write a paper on the origin of life, I swear I will never write another one, because there is too much speculation running after too few facts…" – [Francis Crick, Panspermia – www.creationdefence.org/68.htm March, 2003.]

Job 38:4
Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?

Dit gaan alles oor tyd http://creation.com/its-about-time-radiohaloes. Sekulêre wetenskap leer dat die aarde ongeveer 4.5 miljard jaar oud is, maar volgens die Bybelse tydlyn is die aarde slegs ongeveer 6 000 jaar oud. Daar is duidelik ʼn reuse verskil tussen die twee. Nou mag ons vra: Is daar enige bewyse op die planeet Aarde beskikbaar om aan te dui watter een van hierdie twee ouderdomme die naaste aan die waarheid is? Oor die laaste 50+ jaar is daar ʼn enorme hoeveelheid wetenskaplike inligting beskikbaar gestel wat glad nie sin maak in ʼn ou-aarde nie. In hierdie hoofstuk gaan jy eerstens leer aangaande die deeglike studies van ʼn Amerikaanse kernfisikus genaamd, Dr Robert Gentry. Hy was eers ʼn teïstiese evolusionis (mense wat probeer om miljarde jare met die Bybel te versoen), maar terwyl hy besig was met sy eie navorsing, is hy gekonfronteer deur die ernstige tekortkominge van sy ou-aarde-beskouing. Dr Gentry het die deur oopgemaak op ʼn ontdekking wat wetenskaplikes tot vandag toe steeds laat kop-krap. Dit behels dat die graniet onder ons – wat die basis van al die kontinente vorm – absoluut bestrooi is met miljarde der miljarde klein merkies genaamd radiosfere http://www.halos.com/book/index.htm. Wat almal egter baie opgewonde gemaak het was die ontdekking van Polonium-218 (218 Po) – ʼn radioaktiewe element met ʼn baie kort half-leeftyd van slegs 3.5 minute. Die sfere wat deur die radioaktiewe verval van polonium-218 gevorm is, kon slegs binne-in ʼn soliede kristalstruktuur vorm. Dit beteken dat die graniet of BAIE vinnig gevorm is, of dat dit van die begin af as ʼn soliede materiaal geskape is (m.a.w. dit het nie geleidelik afgekoel en verhard nie). Sy navorsing is verder deur die RATE-wetenskaplikes (Radioisotopes and the Age of the Earth) wat ook skeppingsleerwetenskaplikes is, ondersoek. Natuurlik was niemand daar toe God alles geskape het nie, wat verklaar hoekom daar so baie debatte aan die gang is rondom die vorming van hierdie element. Die tyd waaroor hulle spekuleer vir die vorming van graniet strek van slegs 3.5 minute tot ʼn maksimum van 10 dae! Die teenwoordigheid van radiosfere en spesifiek 218Po in graniet voorsien duidelike bewys dat die sogenaamde miljarde jare volgens sekulêre wetenskap, totaal onrealisties is. Inteendeel, dit bewys duidelik die Handewerk van ʼn Almagtige God. Hierdie hoofstuk is jou eerste kennismaking met radiometriese dateringsmetodes met meer besonderhede daaroor in Hoofstuk 8.

“There is a little-known irony in the controversy between creationists and evolutionists about the age of the world. The majority of scientists—the evolutionists—rely on a minority of the relevant data. Yet a minority of scientists—the creationists—use the majority of the relevant data. Adding to the irony is the public’s wrong impression that it is the other way around.Therefore, many ask: ‘If the evidence is so strongly for a young earth, why do most scientists believe otherwise?’ The answer is simple: Most scientists believe the earth is old because they believe most other scientists believe the earth is old![Russell Humphreys aangehaal uit http://creation.com/why-most-scientists-believe-the-world-is-old]

I Korinthiërs 15:39
Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee en dié van visse, anders as dié van voëls.

Die sedimentêre strata bedek ongeveer 75% van die aarde en vervat ook die fossielrekord (geologiese kolom) waauit alle organismes veronderstel is om te ge-evolueer het – van eenvoudige organismes aan die onderkant, tot komplekse ek en jy heel bo. Wat is strata en hoe het dit gevorm? Hoe het die fossiele gevorm? Het dit regtig miljarde jare geneem, of het dit eintlik baie vinnig gebeur? Sedimentasie eksperimente http://creation.com/sedimentation-experiments-nature-finally-catches-up asook onlangse gebeure soos die uitbarsting van Berg St. Helens http://creation.com/i-got-excited-at-mount-st-helens openbaar baie duidelik dat sedimentêre lae baie vinnig kan vorm. Ons kyk na ʼn paar ernstige probleme aangaande die fossielrekord (geologiese kolom) insluitend lewendige fossiele, ‘ongehoorsame’ fossiele, uit-volgorde en verlore strata, asook ʼn paar komplekse organismes heel onder in die fossielrekord (waar die organismes veronderstel is om ‘eenvoudig’ te wees). Ons ondersoek sommige van die sogenaamde ‘verlore skakels’ en leer aangaande ʼn hele paar blatante leuens in die NAS-boek (National Academy of Science) genaamd: ‘Teaching about Evolution and the Nature of Science’. Hierdie boek is veronderstel om as hulpmiddel vir onderwysers te dien – om hulle te help en aan te spoor om evolusie in die klaskamers aan te bied. Dr Jonathan Sarfati het sy boek ‘Refuting evolution’ in 1999 gepubliseer. Hierin openbaar hy punt-vir-punt elke valse leerstelling in the NAS-boek asook die belaglikheid van hulle stellings. Sy boek is wyd gepubliseer met meer as 450 000 tans in druk. Dit is beslis die moeite werd om te lees! http://zastore.creation.com/catalog/refuting-evolution-p-153.html

“The extreme rarity of transitional forms in the fossil record persists as the trade secret of palaeontology. Darwin’s argument still persists as the favoured escape of most palaeontologists from the embarrassment of a record that seems to show so little of evolution. We fancy ourselves as the only true students of life’s history, yet to preserve our favoured account of evolution by natural selection we view our data as so bad that we never see the very process we profess to study.[Stephen Jay Gould aangehaal uit ‘Earth’s erratic pace’]

Genesis 7:11
In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek en die sluise van die hemel is geopen.

Dan kom ons uiteindelik by die baie interessante katastrofiese Vloedmodel waar jy sal leer hoe om sin te maak van die geologiese kolom in ʼn jong-aarde-beskouing. Die wêreldwye Vloed in Noag se tyd word nie net in die Bybel beskryf nie, maar daar is ook minstens 500 legendes wêreldwyd waarvan die besonderhede merkwaardig ooreenstem met dit wat in die Bybel beskryf word http://creation.com/many-flood-legends. Ongeveer 4 500 jaar gelede het ʼn massiewe katastrofe – die Genesis Vloed – die hele aarde oorspoel. Die toestande rondom die Vloed was só geweldig en dramaties dat die effek en bewyse daarvan steeds vandag duidelik in die wêreldwye sedimentêre strata gesien kan word. Jy gaan leer hoe berge en valleie gevorm het, wat die effek van die uitbarsting van duisende der duisende vulkane was http://blog.conservation.org/2011/03/seamount-expedition-sets-out-in-raja-ampat-indonesia/, hoe die Ystydperk begin het, asook oor mamoete, gletsers en die vinnige vorming van yskappe. Ons gaan vinnig na die katastrofiese plaattektonika model – Batten, D. & Walker T. 2008. What about Continental Drift? CMI – asook die hidroplaat teorie kyk – http://www.youtube.com/watch?v=zKO-vTwYCo8. Die Vloed in Noag se tyd het werklik plaasgevind. Bewyse van hierdie katastrofiese gebeurtenis is reg oor die hele wêreld sigbaar en dien as ʼn stille herinnering aan die ernstige effek van sonde. God het die aarde uit en deur water geskep. Dieselfde water het die toenmalige aarde oorspoel as gevolg van sonde. Nie alleen is alles wat buite die Ark was, dood nie, maar die aarde se voorkoms is geheel en al verander. Dit is veral opvallend in valleie, mere op hoë plekke, plooiberge, duisende uitgewoede vulkane onder die see (seeberge) en die effek van gletsers.

Plooiberge, Montagu Wes-Kaap, Suid-Afrika (links) en die Visriviervallei, Namibia (regs)

Job 12:7-9
Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die Here dit gemaak het nie? In wie se hand die siel is van alles wat leef en die gees van alle menslike vlees.

Hier gaan ons in besonderhede kyk na die grootte en logistiek van die Ark soos nagevors deur Dr Woodmorappe http://zastore.creation.com/catalog/noahrsquos-feasibility-study-p-241.html. Kyk ook na die artikel op www.creation.com genaamd ‘Refuting Noah’s ark critics’. Besonderhede word gegee aangaande die hoeveelheid diere van die oorspronklike Bybelse soort wat op die Ark moes wees om die groot verskeidenheid van lug-inasemende landdierspesies van vandag te verklaar. Die huidige tempo van menslike bevolkingsgroei is 1.7% per jaar. Indien ons ʼn laer groeitempo van 0.47% per jaar neem, sou dit slegs 4 000 tot 5 000 jaar geneem het om die huidige bevolking op die aarde te bereik. Die Vloed het ongeveer 4 500 jaar gelede plaasgevind. As ons dus met agt mense by Ararat begin, sou hierdie populasie van agt slegs 30-keer (elke 150 jaar) hoef te verdubbel het (eksponensiele groei) om die huidige (2013) bevolking van 6.6 miljard te bereik! (Verwys na die vorige artikel ‘Refuting Noah’s ark critics’). Wat van al die verskillende rasse? Wel, jy sal die hoofstuk moet lees. Dan kyk ons ook na ʼn voorbeeld van ʼn ark wat deur Johan Huibers van Holland gebou is. Hy het eers ʼn half-grootte en toe ʼn volgrootte ark gebou. Sy leuse is: “God does not ask whether you are able for the job, only if you are available”. Kyk gerus na sy webblad op www.arkvannoach.com. Was daar dinosourusse aanboord en hoe het slegs agt mense na al die diere omgesien? Weereens – lees die hoofstuk. Die fossiele getuig van die Vloed en die feit dat hulle uiters vinnig begrawe is. Google hierdie fassinerende fossiel: ‘Ichthyosaur fossil giving birth’ en lees die volgende artikel www.creation.com/buried-birth. Verdere fossiel-openbarings kan gesien word van ʼn vis wat ʼn vis insluk www.creation.com/frozen-feeding asook reuse (3.5m) gefossileerde oesters wat 4 000m hoog op die Andes Gebergte ontdek is! Hoe op aarde het hulle daar bo gekom? Trouens, mariene fossiele word reg rondom die wêreld in die strata van hoë berge ontdek. Dit dien as duidelike bewys dat die hoogste berge eens op ʼn tyd oseaanvloer was voordat hulle opgedruk is en die valleie ingesink het soos beskryf in Psalm 104. Wanneer ʼn oester doodgaan, gaan die skulp oop. Al die skulpe van hierdie gefossileerde oesters is egter toe wat daarop dui dat hulle baie vinnig oorval en lewendig begrawe is! Verdere bewyse van die Vloed is regop bome wat in rotslae begrawe is – lae wat veronderstel is om met miljoene jare van mekaar te verskil – http://creation.com/polystrate-fossils-evidence-for-a-young-earth. Kyk ook na die ouderdom van die oudste lewende organisme, ʼn reuse sequoia boom wat op ongeveer 4 500 jaar oud gedateer word http://creation.com/patriarchs-of-the-forest. As bome só oud kan word, hoekom kry ons geen bome wat ouer is as 4 500 jaar is nie? Tog interessant dat dit die tyd is toe die Vloed aangebreek het.

“He who thinks half-heartedly will not believe in God; but he who really thinks has to believe in God.” [Isaac Newton]

Daar bestaan baie interesante biologiese bewyse vir ʼn jong aarde. Dit sluit die voorkoms van DNS in organismes wat veronderstel is om 425 miljoen jaar oud te wees, in. Die DNS van ʼn dooie organisme kan egter op die meeste, 10 000 jaar lank behoue bly – http://creation.com/dna-dating-positive-evidence-that-the-fossils-are-young. Verder is bloedselle, bloedvate, en proteiene in dinosourusbene (Tyrannosaurus rex) ontdek – bene wat veronderstel is om volgens evolusioniste miljoene jaar oud te wees! – http://creation.com/sensational-dinosaur-blood-report. Dit is veelseggend dat hierdie sensasionele ontdekking deur ʼn evolusionis, Dr Mary Schweitzer gemaak is. Die ontdekking het ʼn reuse bohaai in daardie laboratorium veroorsaak omdat dit glad nie sin maak in ʼn ou-aarde-hipotese nie.

It was exactly like looking at a slice of modern bone. But of course, I couldn’t believe it. I said to the lab technician: “The bones are, after all, 65 million years old. How could blood cells survive that long? [Die Evolusionis: Mary Schweitzer na haar ontdekking van rooibloedselle in T.rex bene]

Verskeie ander probleme met ʼn ou-aarde-idee word bespreek insluitend die hoeveelheid modder op die see se vloer, die tempo van erosie, die aarde se magneetveld, stalaktiete en stalagmiete, kalksteenformasies en koraalriwwe asook die vinnige tempo van verstening.

Dis nou tyd om vir eens en vir altyd die tydskwessie af te handel! Niks was só effektief om mense van hulle geloof in Christus asook in die waarheid van die Bybel te beroof as die sogenaamde wetenskaplike bewyse dat die aarde baie oud is nie. Hierdie ‘bewyse’ is gebaseer op radiometriese dateringsmetodes – die metode wat meestal suksesvol deur evolusioniste gebruik word om ʼn oningeligte publiek te oortuig. Met die ‘inspuiting’ van ʼn geraaide 15 miljard jaar (ouderdom van die heelal), word die grootste wonderwerk wat getuig van die almag en majesteit van God, ons Skepper, verminder tot ʼn natuurlike verskynsel waar God nie eens benodig word nie. Wel, ʼn padda wat in ʼn prins verander – ons noem dit ʼn feëverhaal, maar voeg nou net ʼn paar miljoen jare daarby, en ons noem dit evolusie – die ‘pionierswerk van die wetenskappe!’ Alhoewel lang tydperke nie evolusie bewys nie, is die idee daarvan krities om hulle vae idee so vaag en so onmoontlik om te bewys te hou as wat dit is. Die meeste mense glo in hoë ouderdomme (ou aarde en heelal) omdat die idee gereeld herhaal word en sterk ondersteuning verkry deur televisie en die media in die algemeen. Mens kry die indruk dat die ‘wêreld’ ‘n baie spesifieke weersin in die Bybelse Skepping het. Het jy egter geweet dat daar GEEN wetenskaplike metode bestaan wat die ouderdom van die aarde of heelal akkuraat kan bewys nie? – http://zastore.creation.com/catalog/what-about-carbon-dating-bklt-p-33.html. Die idee van miljarde jare is op ʼn evolusionistiese vooropgestelde aanname genaamd uniformitarisme gebaseer – wat eintlik ateïsme verskans as wetenskap is. Hiervolgens word voorgestel dat die tempo van verskeie prosesse, soos byv. die spoed van erosie en radioaktiewe verval, net so konstant in die verlede was as wat dit in die hede is. Dit ontken die voorkoms van enige bo-natuurlike wonderwerke deur God soos die Vloed en die Sewe-Dag-Skepping. Sonder hierdie voorveronderstelling is hulle idee maar power en denkbeeldig op sy beste. Daar is reuse probleme met die radio-dateringsmetodes, o.a. dat die metodes almal verskil m.b.t. die ouderdom van ʼn eksemplaar. In hierdie hoofstuk sal jy leer oor koolstof- (14C) datering en hoe dit luidkeels, verrassend en onweerlegbaar jong ouderdomme bevesig – NOOIT miljarde nie! Dit sluit in die datering van mamoete, dinosourusse en diamante. Die RATE-wetenskaplikes se navorsing op 14C in diamante is die eerste ooit in die wetenskaplike literatuur! Die feit dat 14C met sy kenmerkende kort halfleeftyd steeds in diamate teenwoordig is, voorsien absoluut vernietigende, sprankelende en onweerlegbare getuienis teen lang tydperke en ʼn ou-aarde http://www.icr.org/article/114/. RATE het ook verskeie ander radio-isotoop dateringsmetodes ondersoek met die doel om al die misverstande rondom die chronologie van die aarde se geskiedenis op te klaar. Hulle navorsing is van uiterste hoë gehalte en het baie meer vereis as om net evolusie verkeerd te bewys. Vanuit hulle resultate word dit baie duidelik dat die fossielrekord tydens die Vloed, slegs ʼn paar duisend jaar gelede, gevorm is. Hulle resultate bevestig verder dat evolusie as ʼn verduideliking vir die oorsprong van lewende organismes nie langer op ʼn sinvolle, rasionele wyse verdedig kan word nie.

“If a C14 date supports our theories, we put it in the main text. If it does not entirely contradict them, we put it in a footnote. And if it is completely ‘out of date’, we just drop it.” [Proff. Brew het die algemene houding van argeoloë ten opsigte van koolstof-14-datering opgesom tydens 'n simposium in 1970 oor die 'voor' geskiedenis van die Nyl Vallei.]

Genesis 1:27
En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

“No clever organisation of rotten eggs could ever make a good omelette” [C.S. Lewis]

Hierdie is die ‘who’s-who-in-the-zoo’ hoofstuk. Maak gereed vir nog ʼn reis deur ʼn donker oerwoud gevul met ʼn verskeidenheid van misleidings na ʼn helder, oop, goue grasveld van waarheid. Ons gaan die sogenaamde 'verlore skakels' in die 'mens se evolusie' in ons eie hofsaak ondersoek - juis omdat jy op skool daarmee gekonfronteer gaan word. Jy gaan die regter wees. Jy gaan ook meer leer aangaande jou wonderlike liggaam en hoe jy van ape verskil terwyl ons lekker saam gaan lag. Ons gaan kyk na die Steentydperk en ‘grotmanne’ asook sommige antieke kulture. Op die ou einde gaan jy weer eens sien dat evolusie maar net ʼn feëverhaal is wat deur meeste volwassenes ook geglo word. Colin Patterson, the senior paleontoloog van die British Museum of Natural History (wat ʼn leeftyd aan die analisering van fossiele spandeer het) die volgende geskryf het:

“Evolution is positively anti-knowledge. All my life I had been duped into taking evolution as revealed truth” [Colin Patterson, senior paleontoloog van die Britse Museum van Natuurlike Geskiedenis]

Terwyl die evolusionis, Stephen J Gould die volgende geskryf het:

My attempts to demonstrate evolution by an experiment carried on for more than 40 years have completely failed. ... The fossil material is now so complete that it has been possible to construct new classes, and the lack of transitional series cannot be explained as being due to the scarcity of material. The deficiencies are real, they will never be filled (Die bekende evolusionis Proff N Heribert Nilsson, Lund University, Sweden aangehaal in: 'The Earth Before Man', p 51 – Beklemtoning myne.) [Evolusionis, Prof Stephen, J Gould]

Baie mense (insluitend ek self) het al gewonder of dinosourusse ooit regtig bestaan het; veral omdat evolusioniste hulle so graag as ʼn bemarkings-‘foefie’ gebruik. Het jy egter die opskrif van hierdie hoofstuk gelees? Uitsterwing is NIE evolusie nie! Ja – dinosourusse het regtig bestaan. Daar is sterk aanduidings dat mense saam met hulle geleef het en dat sommige selfs vandag steeds lewendig mag wees. Jy sal leer hoe God Self twee dinosourusse in groot besonderhede beskryf in die boek van Job. Hoeveel dinosourusse dink jy kon in die Ark pas en hoekom het hulle uitgesterf? Ons sal die baie interessante bomwerperkewer van nader bekyk. Hierdie klein kewertjie mors met al die evolusionistiese idees http://creation.com/the-amazing-bombardier-beetle. Kyk ook na hierdie uitstekende video: http://www.youtube.com/watch?v=lKM9yoQ3Wug. Laastens sal ons na selfs nog meer dinosouriese uitdagings vir die evolusioniste kyk.

Jesaja 40:26
Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam..

“This most beautiful system of the sun, planets and comets, could only proceed from the counsel and dominion of an intelligent and powerful Being...This Being governs all things, not as the soul of the world, but as Lord over all; and on account of his dominion He is wont to be called ‘Lord God’ or ‘Universal Ruler’... The Supreme God is a Being eternal, infinite, absolutely perfect... ” [Isaac Newton, 'The Principia : Mathematical Principles of Natural Philosophy']

Het die heelal vanself ontstaan (natuurlik) of is dit deur God geskep? Het die heelal ʼn middelpunt en ʼn rand en is daar enigiets spesiaals omtrent die posisie van ons Melkwegsterrestelsel? Hierdie aspekte is iets wat die evolusionis beslis nie wil aanvaar nie. Deur gebruik te maak van Hubble se wet, het die skeppingsleerder, Dr Russ Humphreys ontdek dat die meeste van die sigbare materie in die heelal in sterestelsels georganiseer is wat in konsentriese dop-lae of sfere (soos die lae van ʼn ui) rondom ʼn sentrale punt georganiseer is. Hierdie sentrale-/middelpunt is baie naby aan ons eie Melkwegsterrestelsel, anders sou hierdie konsentriese sfere glad nie vir ons sigbaar gewees het nie. Trouens, ons posisie is só uniek dat dit heeltemal onmoontlik is dat die ontstaan daarvan deur ʼn ewekansige (per ongeluk)-gebeurtenis verklaar kan word – daardie kans is een uit ʼn triljoen! http://creation.com/our-galaxy-is-the-centre-of-the-universe-quantized-redshifts-show. Dit is hoekom ʼn middelpunt totaal onaanvaarbaar is vir iemand wat nie in God wil glo nie, omdat dit so duidelik op die Skepper en Meesterontwerper dui. ʼn Baie goeie boek wat jy hieroor kan lees is deur Dr Humphrey’s geskryf: http://zastore.creation.com/catalog/starlight-time-p-141.html. Ons sal ook na sonsverduisterings, supernovas, komete en die resessie van die maan kyk wat weereens bewys lewer van ʼn jong heelal. Daarna ondersoek ons skeppingsteorieë aangaande die ontstaan van die heelal – spesifiek Dr Humphreys se Witkolkkosmologie-teorie om die miljarde-ligjare ‘probleem’ op te los. Ons eindig deur na verdere probleme met die oerknal-hipotese te kyk.

”Cosmology may look like a science, but it isn’t a science” volgens James Gunn van Princeton University. “A basic tenet of science is that you can do repeatable experiments, and you can’t do that in cosmology.” [Cho, A. 2007. A singular conundrum: How odd is our universe? Science 318:1848-1850]

Psalms 119: 89, 130
Vir ewig, O Here, staan U Woord vas in die hemele; Die opening van U Woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.

Shaune Doyle skryf: ‘The capacity that humans have for willing ignorance is astounding at times. It amounts to saying: “If it looks like a duck, sounds like a duck and feels like a duck, it’s clearly a rock.”’ – [Carl Zimmer aangehaal deur Doyle http://creation.com/where-are-the-emperors-clothes]

Van die onbegryplike grootte van die heelal, tot by partikels selfs kleiner as die atoom in die veld van kwantum-fisika, sien ons – ontwerp en waar daar ontwerp is, is daar ALTYD 'n Ontwerper. Wat is dit omtrent die konsep van ‘lewe’ wat dit so totaal en al teenoorgesteld maak van iets wat ‘dood’ is? Waar kom al die lewendige selle vandaan? Sweef hulle net in die ruimte rond? Dis onmoontlik, nie waar nie? ʼn Sel kannie op sy sy eie oorleef, buite ʼn lewende organisme nie. Met al die inligting tans tot ons beskikking wil dit duidelik blyk of lewe SLEGS op ons spesiale planeet aarde bestaan, en daardie ‘lewe’ is baie kompleks! Daar bestaan nie ʼn rekenaar in die wêreld wat in staat is om selfs een lewende sel te bou nie. Niemand kan nie. Slegs ʼn sel kan nog ʼn sel maak - m.a.w. alle selle kom van ander selle (Omni cellulis e cellulis). So,..... WAAR het daardie eerste sel vandaan gekom en WIE het hom gemaak? Wanneer jy na ʼn motorvoertuig kyk, dan bewonder jy die ontwerp en weet instinktief dat ʼn ontwerper – wat meer intelligent as die motor self is – hom ontwerp het. Wanneer ons egter na die ontwerp in al die komplekse lewende organismes om ons kyk, selfs ook in die nie-lewende materie, hoekom sal ons selfs die moontlikheid oorweeg dat daar geen Ontwerper betrokke is nie? Is dit moontlik dat God daardie almagtige, onverklaarbaar intelligente Ontwerper kan wees? Met my voete stewig in die Woord van God geanker en met verdere bevestiging in die verskeie wetenskapsvelde, is daar vir my GEEN ander keuse. In hierdie laaste hoofstuk kan jy jou gereed hou vir nog 'n laaste lekker gelag. Jy gaan leer van onverminderbare kompleksiteit, homologie en Ernst Haeckel se jokkery. Ons gaan ʼn laaste soektog doen na ons evolusionistiese ‘oer-oupa’. Verder gaan ons kyk na konvergente evolusie, oë, mangels, die blindederm en stuitjie asook die 'evolusie' van die vlerk. Ons sal afsluit met ʼn opsomming van die belangrikste bewyse teen evolusie asook ʼn lys van wêreldbekende skeppingsleerwetenskaplikes wat baanbreker-grondslagwerk in die wetenskap gelewer het. Dit sluit in Pasteur, Newton, Kelvin, Mendel, da Vinci ens.

It is absurd for the evolutionist to complain that it is unthinkable for an admittedly unthinkable God to make everything out of nothing, and then pretend that it is more thinkable that nothing should turn itself into anything. - G. K. Chesterton

Spreuke3:5
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie

Jesaja 66:2
Want My hand het al hierdie dinge gemaak en so het dit alles ontstaan, spreek die Here

Johan von Goethe is in Asimov’s se ‘Book of Science and Nature Quotations’ aangehaal, pp 257

“Science has been seriously retarded by the study of what is not worth knowing”

Dit som dit mooi op – met inagneming van hoeveel tyd ons aan evolusionistiese idees spandeer om die valsheid daavan te openbaar. Baie dankie dat jy die tyd geneem het om al hierdie inligting te lees. Ek hoop dat jy dit ʼn prioriteit sal maak om die volle ontdekkingsreis en openbaring saam met my te onderneem. Maar meestal is dit my gebed dat hierdie openbaring jou nader aan jou Skepper sal bring, dat jy in verwondering sal staan van Sy almag en glorie en uitnemendheid. Die Christelike geloof is ʼn logiese geloof met bewyse in wonderbaarlike gebeurtenisse asook in vervulde profesieë. In kontras hiermee is evolusie ʼn blinde geloof omdat niemand nog ooit gesien het hoe iets vanuit niks kon vorm, nie-lewende partikels in lewende materie en evensieel in morele, regdenkende lewende wesens kon verander het nie. Natuurlik kon God die heelal binne ʼn oomblik tot stand gebring het, maar Hy het gekies om dit in ses dae te doen om te illustreer hoe ons ons dae van werk teenoor rus op die sewende dag behoort te organiseer. Dat dit sewe letterlike dae is, is baie duidelik verbind aan die Sabbat-gebod in Exodus 20:1-11. Dit is vir my baie duidelik dat as dit mitologie en stories is waarna jy opsoek is, jy dit beslis nie in the Bybel gaan kry nie, maar eerder op kanale soos National Geographic, Discovery en Time Tydskrif. Jy gaan dit waarskynlik ook in jou laer- en hoërskool handboeke ontdek. In werklikheid is evolusie maar net ‘n feëverhaal vir volwassenes.

“Evolutionism is a fairy tale for grown-ups.”  [Prof. Louis Bounoure soos aangehaal in ‘The Advocate’, bladsy 17, 8 Maart 1984]

 

“Scientists who go about teaching that evolution is a fact of life are great con-men, and the story they are telling may be the greatest hoax ever. In explaining evolution, we do not have one iota of fact." [Dr TN Tahmisian – Atomic Energy Commission, VSA in ‘The Fresno Bee’, Augustus 20, 1959. Soos aangehaal deur NJ Mitchell, 'Evolution and the Emperor's New Clothes', Roydon Publications, UK, 1983, title page.] [Beklemtoning myne]

Jesaja 40:28
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie, daar is geen deurgronding van sy verstand nie.